In ‘n wêreld waar onverwagse gebeure soos mediese noodsituasies, motorherstelwerk, of werksverlies enige tyd kan opduik, is ‘n noodfonds ‘n nodige vangnet vir verbruikers.

Baie Suid-Afrikaners versuim om getroue betalings tot ‘n noodfonds aan te gaan, met die gevolg dat hulle hulself in noodsituasies tot krediet moet wend.

Hoeveel moet ek spaar?

Daar is nie ‘n spesifieke ideale bedrag waaruit ‘n noodfonds veronderstel is om te bestaan nie. Dit sal wissel afhangend van elke persoon se unieke omstandighede. Die algemene reël, alhoewel, is om ten minste drie tot ses maande se lewenskoste te spaar.

Gaan jou uitgawes na

Die eerste stap sal wees om jou lewenskostes te lys en te assesseer. Bepaal of elke uitgawe noodsaaklik of nie-noodsaaklik is. Meld hierna aan wat die totale bedrag van noodsaaklike vaste uitgawes is. Dit sal onder andere die volgende insluit: huur, kruideniersware, nutsdienste, versekering en brandstof. Onthou om jou afhanklikes se behoeftes ook in berekening te bring.

Spaar elke maand

Bou jou noodfonds deur ‘n klein, hanteerbare bedrag elke maand te spaar. Selfs ‘n beskeie R500 per maand kan oor tyd groei. Sny onnodige uitgawes deur nie-noodsaaklike items te identifiseer wat verminder of uitgeskakel kan word. Dit kan ook help om ‘n debietorder op te stel om fondse outomaties elke maand na ‘n spaarrekening oor te plaas.

Bly gedissiplineerd

Moet nie tot die versoeking ingee om geld uit die noodfonds te onttrek tensy dit vir nood is nie. Dit is waarom dit belangrik is om ‘n omvattende begroting op te stel wat op ‘n gereelde basis hersien word sodat alle onkostes in berekening gebring word, insluitend ‘n maandelikse buffer vir die klein, onvoorsiene uitgawes wat kan voorkom.

‘n Noodfonds bied nie net gemoedsrus nie, maar dien ook as ‘n praktiese hulpmiddel. Ten tye van nood kan ‘n noodfonds verhoed dat jy dieper in die skuld beland deur nog krediet aan te gaan. Met die hulp van ‘n begroting en deur konsekwente spaargewoontes aan te neem, kan jy finansiële welstand verseker.

Volg die verwysings in die artikel:

  • Verbruikersake: Dis wat ‘n noodfonds nie is nie
  • Bly kalm – en hou by jou spaarplan
  • Moet nie dat jou ‘vir nou’ ʼn ‘vir altyd’ probleem raak nie

Klaar om beheer oor jou skuld te neem?

Kry ‘n gratis, verpligtingvrye evaluasie vandag nog.

Kontak Ons