Om skuld te hanteer kan oorweldigend wees, en vir baie Suid-Afrikaners is dit ‘n daaglikse realiteit. Een opsie waaroor baie verbruikers wonder, is skuldberading, ‘n proses wat ontwerp is om jou te help om jou skuld te bestuur en uiteindelik te elimineer. Maar is dit die regte keuse vir jou?
Wat is Skuldberading?
Skuldberading is ‘n wettige proses wat deur die Nasionale Kredietwet (NCA) in Suid-Afrika ingestel is. Dit is in gebruik geneem om verbruikers wat oorbeskuld is te help om deur ‘n gereguleerde proses uit die skuldsiklus vry te breek. Die proses is werk eenvoudig.
‘n Geregistreerde skuldberader evalueer jou finansiële situasie en herstruktureer jou skuldterugbetalings om te verseker dat dit binne jou begroting hanteerbaar is. In meeste gevalle word rentekoerse verlaag, maar dit word nooit verhoog nie. Die nuwe kredietterme word dan onder ‘n hofbevel ingestel en sodoende geniet kliënte ook beskerming teen beslaglegging van hul bates.
Die Voordele van Skuldberading
Wettige Beskerming teen Krediteure
Een van die grootste voordele van skuldhersiening is dat krediteure dan nie meer regstappe teen jou kan neem nie. Dit beteken ook dat jou kwalifiserende bates, soos jou voertuig en huis, beskerm bly. Gevolglik kan jy gemoedsrus oor jou besittings hê terwyl jy op die afbetaling van jou skuld fokus.
Verminderde Maandelikse Betalings
Skuldberaders onderhandel met jou krediteure om jou maandelikse betalings tot ‘n hanteerbare bedrag te verminder. Elke kliënt se nuwe paaiement is gebaseer op wat hul realisties kan bekostig.
Rentevermindering
Soos reeds genoem, kan skuldberaders ook vir laer rentekoerse op uitstaande skuld onderhandel. Hierdie vermindering kan die totale bedrag wat jy moet terugbetaal aansienlik verlaag, en sodoende jou skuld meer hanteerbaar maak.
Gestruktureerde Terugbetalingsplan
Skuldhersiening is ook ten doel om finansiële bestuur te vergemaklik. Daarom verval jou vorige kredietooreenkomste en bied die nuwe terugbetalingsplan, ‘n vereenvoudigde plan tot skuldvryheid.
Die Nadele van Skuldberading
Geen Addisionele Krediet Tydens Die Proses
Tydens die proses is dit nie moontlik om addisionele krediet aan te gaan nie. Dit sluit alle vorms van krediet in, van nuwe selfoonkontrakte tot persoonlike lenings. Hierdie beperking moet eintlik nie in ‘n negatiewe lig beskou word nie, omrede dit nodig is om verdere finansiële druk te voorkom.
Langtermyn Verbintenis
Die meeste kliënte neem gewoonlik tussen 24 en 60 maande om hul skuld af te los. Jy het ook die opsie om meer te betaal of jou rekening ten volle te vereffen om die proses vroeër te voltooi. Tog vereis hierdie termyn dissipline en geduld terwyl jy werk om skuldvry te word.
Nie Alle Tipe Skuld Kan Ingesluit Word Nie
Skuld wat nie uit ‘n oorspronklike kredietooreenkoms spruit nie, kan nie in skuldhersiening ingesluit word nie. Dit sluit onder andere skoolgelde, munisipale skulde, mediese rekeninge en agterstallige nutsrekeninge in. Kinderonderhoudsverpligtinge moet ook apart hanteer word, aangesien dit wettige verpligtinge is.
Hoe Om Te Besluit Of Skuldberading Reg Is Vir Jou
Evalueer Jou Finansiële Situasie
Sukkel jy om met jou maandelikse skuldterugbetalings by te hou? Kontak krediteure jou gereeld? As enige hiervan die geval is, is dit ‘n goeie aanduiding dat jy skuldhersiening moet oorweeg.
Oorweeg Jou Langtermyn Finansiële Doelwitte
As jou primêre doelwit is om skuldvry te word en jy bereid is om jouself tot ‘n gestruktureerde plan te verbind, kan skuldhersiening ‘n geskikte opsie wees. As jy egter onmiddellike toegang tot krediet nodig het of nie bereid is om tot ‘n langtermynplan te verbind nie, wil jy dalk ander opsies verken.
Raadpleeg ‘n Skuldberader
Om met ‘n geregistreerde skuldberadingsmaatskappy soos SkuldForum te praat, kan waardevolle insigte bied. Hulle kan jou finansiële situasie evalueer en jou adviseer of skuldhersiening die beste oplossing vir jou is. ‘n Skuldberader sal ook die proses noukeurig verduidelik en enige vrae wat jy mag hê, beantwoord.
Weeg die Voordele en Nadele op
Neem tyd om die voordele en nadele van skuldberading noukeurig op te weeg. Bepaal of die proses met jou finansiële behoeftes en doelwitte ooreenstem. Onthou, skuldberading is ‘n ernstige verbintenis, en dit is van belang om ‘n ingeligte besluit te neem.
Reik uit na SkuldForum
Skuldberading kan ‘n effektiewe hulpmiddel wees om skuld te bestuur en uiteindelik te oorkom. As jy oorweldig voel deur jou skuld, raadpleeg SkuldForum vir ‘n gratis assessering en verpligtingvrye kwotasie as die eerste stap om beheer oor jou finansiële toekoms te neem.
Volg die verwysings in hierdie artikel:
- Verbruikersake: Oorweeg jy skuldberading?
- Alles wat jy moet weet oor skuldberading
- Uitweg vir werkers wat met skuld sukkel
Klaar om beheer oor jou skuld te neem?
Kry ‘n gratis, verpligtingvrye evaluasie vandag nog.
